Die Wilde-amandel (Brabejum stellatifolium) is 'n groot struik of boom met spreiende takke. Hierdie spesie word net in die Wes-Kaap aangetref waar dit in beskutte valleie en langs strome groei. Die onvolwasse vrugte is bruinrooi en ongeveer 5 mm lank. Soos die vrugte ouer raak, word hulle bruin en fluweelagtig. Hulle bereik dan 'n grootte van ongeveer 4,5 x 3 cm.
Daar is slegs een spesie in die genus wat Brabejum 'n monotipiese takson maak. Die boom se FSA-nommer is 72.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Monotipiese takson