Die grysappel (Parinari curatellifolia) is 'n boom wat deel van die Chrysobalanaceae familie is.
Voorkomsgebied Die spesie kom voor in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrik kom die boom voor in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Noordwes.
Kenmerke Hierdie boom is groot, immergroen en spreidend. Die sampioenvormige blaarkroon verskaf skadu. Hulle groei meestal in sanderige grond in oop bosveldgebiede. Die hout word moeisaam bewerk omrede dit silikakristalle bevat, wat meebring dat die bome selde afgekap word. Die vrugte is gesog onder die plaaslike bevolking en word ongeveer 5 cm lank. Dit het geel vrugvlees en is 'n lekkerny as dit ryp is. Die vrugte kan tot stroop verwerk word, en daar word ook koeldrank of bier van gemaak. Soms gee die boom 'n onaangename reuk af; die oorsaak is egter onseker.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe