Die ouhout (Leucosidea sericea) is 'n boom wat in die oostelike gedeelte van Suid-Afrika voorkom, maar nie aan die kus nie. Die naam is afgelei van die hout van die boom wat stadig brand, soos ou verrotte hout. Die boom het kwasterige en verdraaide stamme.

Dit is inheems aan Zimbabwe en Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe