Die Suidelike Waterslang (Latyn: Hydrus) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 12 konstellasies wat deur Petrus Plancius geskep is uit waarnemings van Pieter Keyser en Frederick de Houtman.
Ruimtevoorwerpe Die enigste ster in die Suidelike Waterslang wat enigiemand ’n naam gegee het, is γ Hyi, wat die Chinese Foo Pih gedoop het.
In Augustus 2010 het ’n Europese sterrekundespan in Chili aangekondig hulle het die bestaan van minstens vyf planete om die ster HD 10180 in dié sterrebeeld bevestig."New solar system has up to seven planets ". news.com.au. 25 Augustus 2010.
Verwysings
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Hydrus The clickable Hydrus Star Tales – Hydrus
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia