Die kreupelhout (Leucospermum conocarpodendron) is 'n kompakte boom wat endemies aan Suid-Afrika is en net in die suidelike Wes-Kaap vanaf Duiwelspiek tot by Llandudno voorkom en deel van die fynbos-bioom is. Die boom het 'n ronde kroon maar die takke is kwasterig, verdraaid en ineengestrengel. Die verdraaide takke het die boom sy naam gegee. Dit word deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Die boom se FSA-nommer is 84.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Subspesie Daar is ook 'n subspesie Leucospermum conocarpodendron viridumhttp://pza.sanbi.org/leucospermum-conocarpodendron-subsp-viridum geklassisifiseer deur Rourke en die oorspronklike spesie staan taksonomies bekend as Leucospermum conocarpodendron conocarpodendron.
Die subspesie viridum kom voor op die oostelike hellings van die Kaapse Skiereiland vanaf Nuweland en Kirstenbosch tot by die suide van die skiereiland, asook by Kogelberg, Franschhoek, Houhoek en Stanford. Die subspesie se FSA-nommer is 84.1.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van speldekussingspesies
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Proteaatlas REDLIST Sanbi Plants of the WorldOnline
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika