Die wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika en asook Eswatini, Ethiopië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië en Zimbabwe voor.
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1,5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van die tuinrooitjieskoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Die boom se FSA-nommer is 494.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe