Die huilboerboon (Schotia brachypetala) is 'n boom wat in boswêreld en dikwels op termiethope groei. Dit kom voor in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Botswana, Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe. Die boom is groot met 'n uitgebreide kroon. Die blomme word van 6 tot 13 cm lank en word in digte hofies op die ou hout produseer. Die blomme produseer soveel nektar dat dit lyk asof die bome huil. Die peule is tiperend van die genus en elke saad het 'n geel aril aan die basis.
Die boom se FSA-nommer is 202.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Schotia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe