Die Veewagter (Latyn: Boötes) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Die naam kom van die Grieks Βοώτης (veewagter of ploegman; letterlik "osdrywer"). Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Dit bevat die vierde helderste ster in die hemelruim, Arcturus.
Ruimtevoorwerpe Alpha Boötis (Arcturus) is die helderste ster in die Veewagter en die vierde helderste in die hemelruim.
NGC 5466 is ’n bolvormige sterreswerm wat met die meeste teleskope gesien kan word. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek. Die Leemte van die Veewagter, ’n groot deel van die heelal waarin geen sterrestelsels voorkom nie, is in die gebied van die Veewagter geleë.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Bootes Star Tales – Boötes