Die witstinkhout (Celtis africana) is 'n soort netelboom in die Cannabaceae familie.
Dit is bestand teen droogte en groei vinnig. Die boom bied nie net skuiling vir vee nie maar voëls en diere vreet die vrugte. Dit maak ook 'n goeie koelteboom in 'n tuin en benodig volle son en matige water.
Die boom se FSA-nommer is 39.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die witstinkhout is inheems in Angola, Botswana, Burundi, die Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Eswatini, Jemen, Gambië, Ghana, Guinee, Kameroen, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Somalië, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3436-1
Beskrywing Die boom se klein, liggeel blomme verskyn vanaf Augustus tot Oktober, en die vruggies word aan lang, dun stele gedra. Hulle is geel of bruin van kleur en sowat 4 mm in deursnee. Die boom is bladwisselend. Jong blare is heldergroen en is aanvanklik dig behaard aan albei oppervlaktes. Gaandeweg verdof die blaarkleur en die blaarrande vergeel. Die blare is drie-arig vanuit 'n asimmetriese basis en die rande van die boonste helfte of twee derdes is grof saagtandig, alhoewel dit ook soms ongetand kan wees.
Galery
Ander stinkhoute Die boom het niks gemeen met die ware stinkhout Ocotea bullata nie, maar het sy naam gekry weens die onaangename reuk van die vars gekapte hout. Die hout is ook van 'n swakker gehalte as dié van die ware stinkhoutboom.
Verwante netelbome van die Celtis-genus, waarvan die blare tipies minder harig is, word geredelik met die witstinkhout verwar. Hierdie spesies word algemeen in suider-Afrikaanse tuine en parke aangeplant, of groei as indringers op rivieroewers en ander stadsgebiede. Van hierdie soorte kan ook met mekaar kruis, aangesien hulle deur windbestuiwing voortplant. C. occidentalis is van Kanadese oorsprong, en verskil deur die vratte aan die bas, benewens die heelwat groter pers of swart vruggies van sowat 1 cm in deursnee. C. australis is van Mediterreense oorsprong. Dit het blare met 'n growwe bokant, en vrugte soos dié van C. occidentalis. C. sinensis is van oos-Asiatiese oorsprong en het donker, glansende blare, wat slegs aan die ondersy effens behaard is. Dit het donkeroranje vruggies van sowat 6 mm in deursnee. Die talryke vruggies word aan kort, stewige stingels gedra.
Die hophout is vroeër as 'n Celtis-spesie geklassifiseer, en kan eweneens maklik vir 'n witstinkhout aangesien word.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne
Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika africana Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe