Die bietou (Osteospermum moniliferum) – ook bekend as die boetabessie – is 'n meerjarige struik wat blom in die lente. Dit is 'n groot, geharde struik, met 'n grysgroen loof en geel madeliefieblomme en kan ook as 'n klein boompie voorkom. Die struik kan gebruik word as 'n heining of windskerm, en word ook aan die kus aangeplant om sandduine te stabiliseer. Dit verkies son en matige water. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.

Die naam bietou word egter ook vir sommige ander spesies gebruik. Die boom se FSA-nommer is 736.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ (Wenk: Druk Ctrl-F en tik dan 736.1 in die soekkassie)

Subspesies Daar is vyf subspesies: Osteospermum moniliferum subsp. canescens (DC.) J.C.Manning & Goldblatt Osteospermum moniliferum subsp. moniliferum Osteospermum moniliferum subsp. pisiferum (L.) J.C.Manning & Goldblatt Osteospermum moniliferum subsp. rotundatum (DC.) J.C.Manning & Goldblatt Osteospermum moniliferum subsp. septentrionale (Norl.) J.C.Manning & Goldblatt

Vrugte Die vrugte is heeltemal buitegewoon vir dié familie en enig onder die Suid-Afrikaanse Asteraceae familie omdat hulle vlesig en eetbaar is. Die vrugte was voorheen 'n bron van voedsel vir die Khoimense. Die vrugte is sowat 6 mm in deursnee en word pers wanneer hulle volwasse is.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

moniliferum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante Kategorie:Veldkos