Die NG gemeente Napierville was 'n kortstondige gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in KwaZulu-Natal wat op 24 Mei 1957 in die hoofstad, Pietermaritzburg, gestig is toe die spoorweë landwyd en ook hier 'n bloeitydperk beleef het.

Die gemeente het egter mettertyd ontvolk sodat dit op 5 September 1993 by Pietermaritzburg-Wes ingelyf is, wat op sy beurt, eweneens oorspronklik 'n spoorweggemeente, nie meer afsonderlik sinvol kon bestaan nie en op 1 Maart 2000 een geword het met sy dogtergemeente Pietermaritzburg-Noord. Die daling in die getal Afrikaanse inwoners van Pietermaritzburg het hierna voortgeduur sodat ook Pietermaritzburg-Suid en Hayfields op 1 Maart 2012 moes saamsmelt nadat Merrivale vroeër reeds by die moedergemeente, NG gemeente Pietermaritzburg, ingelyf is. So het die getal gemeentes in die stad van 'n hoogtepunt van sewe tot net drie in 2012 afgeneem.

Enkele leraars Albert Glen Munnik, 1957 - 1959 Christoffel Colyn, 1959 - 1962 Abraham van Zyl, 1963 - 1967 Daniël Botha, 1978 - 1981 Christiaan Rudolph de Wet, 23 Januarie 1982 - 1988

Pietermaritzburg se NG gemeentes Die hele NG Kerk se belydende lidmate het van 1985 tot 2015 van sowat 953 000 tot 766 000 afgeneem, 'n verlies van amper 12%, maar in dieselfde tyd het Pietermaritzburg en omgewing se belydende lidmate van 4 491 tot 1 858 gekrimp, 'n verlies van amper 59%. Binne die volgende jaar het dit gedaal tot 1 660, wat beteken die verlies was amper tweederdes binne net meer as 30 jaar, en meer as 10% binne 'n jaar.

Gemeente Gestig Bel. lidm. 1985 Bel. lidm. 2000 Bel. lidm. 2015 Bel. lidm. 2016 Pietermaritzburg 1839 794 752 256 144 Pietermaritzburg-Wes 1922 442 500 Ingelyf by Noord – Pietermaritzburg-Noord 1949 430 490 690 612 Pietermaritzburg-Suid 1949 1026 979 Ingelyf by Hayfields – Napierville 1957 425 Ingelyf by Wes – – Merrivale 1974 361 234 Ingelyf by moedergemeente – Hayfields 1975 621 593 912 904 Duisend Heuwels 1980 354 Ingelyf by Suid – – Pietermaritzburg Reformed 1982 38 Ingelyf by Durban Reformed – – Totaal 4 491 3 548 1 858 1 660

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika