Die Slag van Okinawa het op 1 April 1945 begin toe die Geallieerde magte 'n amfibiese landing op die eiland Okinawa gemaak het. Die invalsmag, onder beheer van skoutadmiraal Richmond Kelly Turner, het bestaan uit 1 300 skepe en bote, 182 000 seesoldate met oor die 100 000 soldate in reserwe. Teen die einde van Junie 1945 was die Japannese magte verslaan en die eiland in Geallieerde besit.

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Japan Okinawa, Slag van