Die Otto du Plessis-pas is 'n bergpas in die Oos-Kaapse Drakensberge op 'n grondpad wat Ida op die R56 en Clifford op die R396 verbind. Die pad loop min of meer ewewydig aan die R58 tussen Barkly-Oos en Elliot. Die pas bereik 'n hoogte van 2 103 m bo seevlak en 'n besonderse maksimum steilte van 1:5. Die pas moet nie verwar word met die Otto du Plessis-pad wat uit die Swartbergpas na die Gamkaskloof lei nie.
Die bergpas is vernoem na die voormalige Administrateur van Kaapland Otto du Plessis. Twee riviere ontspring in die berg net noord van die pas, nl. die Saalboomrivier en die Vaalhoekrivier.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap