Hierdie pas moet nie verwar word met die Oubergpas noordoos van Montagu, die Oubergpas wes van Sutherland en die Oudebergpas naby Van Rhynsdorp nie.

Die Oudebergpas (ook Oubergpas) is 'n bergpas wat noordwes van Graaff-Reinet op die R63 na Murraysburg lê. Die pas is in 1829 gebou, bereik 'n hoogte van 1 200 m en 'n maksimumhelling van 1:18. Kapt. Charles Lennnox Stretch, die landmeter van Graaff-Reinet, het Andrew Geddes Bain gehelp met die bou van die pas.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap