Die Nico Malanpas is 'n bergpas net buite Seymour op die R67-hoofpad tussen Queenstown en Fort Beaufort in die Oos-Kaap. Die pas is in 1967 geopen, met 'n hoogte van 1 456 m bo seevlak en 'n maksimum helling van 1:12. Die pas loop aan die voet van die Elandsberg, 'n deel van die Amatholeberge.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap