Joeri Michailowitsj Loezjkof (Russies: Ю́рий Миха́йлович Лужко́в; geb. 21 September 1936 – 10 Desember 2019) was 'n Russiese politikus en van 1992 tot 2010 die burgemeester van Moskou. Hy was ook die ondervoorsitter en 'n medestigter van die politieke party Verenigde Rusland.
Terwyl Loezjkof burgemeester was, het Moskou se ekonomie verbeter en het hy groot bouprojekte in die stad aangepak. Hy is terselfdertyd beskuldig van korrupsie, die sloping van historiese geboue, die swak hantering van verkeersprobleme en die rookkrisis in die stad tydens die groot veldbrande in Rusland in 2010. Hy is op 28 September 2010 deur pres. Dmitri Medwedef uit sy amp ontslaan nadat hy Medewedef na bewering in ’n snydende brief beledig het.
Verwysings
Eksterne skakels Loezjkof se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Russiese politici Kategorie:Burgemeesters Kategorie:Moskou Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Ontvangers van die Orde van Lenin