Hitte-uitputting vind plaas wanneer 'n persoon aan uitermatige hitte (soos sonlig oor 'n lang periode) blootgestel word.
Sonsteek is hitte-uitputting wat nie betyds behandel is nie. Die persoon se liggaam verloor sy vermoë om self te kan afkoel. Baie mense sterf hieraan en dit moet in 'n baie ernstige lig beskou word. Soek dadelik mediese hulp.
Hitte-uitputting Simptome Liggaam se temperatuur verlaag. Persoon sweet geweldig baie. Swak en moeg. Vel bleek en klam. Hoofpyn. Naarheid. Skielike floute.
Behandeling Rus in koelte. Gee klein hoeveelhede water. Verkoel persoon (sprinkel met water)
Sonsteek As hitte-uitputting oorgaan na sonsteek:
Simptome Die persoon sal bewusteloos of uiters duiselig wees. Die liggaamstemperatuur verhoog bo 40°C. Persoon se vel sal rooi, warm en droog wees. Sweet glad nie. Vinnige pols.
Behandeling Sit persoon in yskoue water. Plaas yspakke onder armholtes. Bring liggaamstemperatuur so gou as moontlik af. Neem persoon so vinnig as moontlik na 'n dokter/hospitaal.
Kategorie:Beserings Kategorie:Velaandoenings