Boris Abramovich Berezovsky (Russies: Бори́с Абра́мович Березо́вский, Afrikaanse transliterasie: Boris Abramowitsj Berezofski; 23 Januarie 1946 in Moskou; 23 Maart 2013 in Londen, A Google preview) was ’n sakeman, wiskundige, lid van die Russiese Akademie van Wetenskap en ’n voormalige afgevaardige van die Staatsdoema. Hy is ook dikwels beskryf as ’n Russiese oligarg.Profiel: Boris Berezovsky, BBC News, 31 Mei 2007 Hoewel hy aanvanklik ’n ondersteuner van die voormalige en huidige president Wladimir Poetin was, het hy in 2000 gou met die destyds pas verkose president gebots en hy was daarna ’n uitgesproke kritikus. In laat 2000, nadat die assistent- openbare vervolger Berezovsky gelas het om ondervra te word, het hy nie van oorsee af teruggekeer nie en hom in Brittanje gevestig, waar hy in 2003 politieke asiel gekry het.
Berezovsky is later in Rusland in sy afwesigheid aan ekonomiese misdrywe skuldig bevind.<http://www.guardian.co.uk/world/2007/nov/30/russia.tomparfitt> Rusland het herhaaldelik onsuksesvol probeer om hom uitgelewer te kry en dit het ’n groot bron van spanning tussen dié land en Brittanje geword.
Berezovsky is op 23 Maart 2013 dood in sy huis aangetref.Exiled Russian tycoon Boris Berezovsky found dead, FT, 23 Maart 2013 URL besoek op 23 Maart 2013 Volgens die Britse polisie het hy homself opgehang. Hy is op 9 Mei 2013 in ’n klein, private seremonie in Brittanje begrawe.
Verwysings
Eksterne skakels Berezovsky se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Russiese politici Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2013