Sergei Wadimowitsj Stepasjin (Russies: Серге́й Вади́мович Степа́шин; geb. 2 Maart 1952) is ’n politikus en voormalige premier van Rusland. Hy is in 1994 deur Boris Jeltsin aangestel as minister van federale veiligheid. Hy het bedank ná ’n gyselaarkrisis in die stad Boedjonnofsk in die suide van die land.
Hy was van 1997 tot Maart 1998 minister van justisie en van 1998 tot Mei 1999 minister van binnelandse sake. Hy is toe aangestel as premier. Jeltsin het dit van die begin af duidelik gemaak dit is net tydelik, en in Augustus dié jaar is Stepasjin vervang deur die toekomstige president van Rusland, Wladimir Poetin.
Hy het daarna by die politieke party Jabloko aangesluit vir die parlementêre verkiesing van 1999 en is verkies tot die Staatsdoema, die laerhuis van die parlement. Hy het later bedank en hoof geword van die Ouditkamer van die Russiese Federasie, die federale ouditagentskap.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Russiese politici Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ministers van Justisie Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Eerste Ministers van Rusland