Andrei Konstantinowitsj Loegowoi (Russies: Андре́й Константи́нович Лугово́й; geb. 19 September 1966, Bakoe, Azerbeidjan) is ’n Russiese politikus en sakeman, asook ’n afgevaardigde in die Staatsdoema van Rusland. Hy is ’n voormalige KGB-lyfwag en die oud-hoof van ’n sekuriteitsmaatskappy.
Hy word deur die Britse polisie gesoek onder verdenking van die gifmoord op Alexander Litvinenko. Rusland het die aansoek om hom uit te lewer geweier.No UK charges against Russian oligarch who called for 'revolution'", The Guardian, 07-05-2007.
KGB en sekuriteit Loegowoi het die militêre akademie van die Sowjetunie bygewoonPrime suspectЛуговой: Сейчас я – заметная фигура en in 1987 by die KGB aangesluit waar hy ’n lyfwag was vir ’n paar ministers en ander hoës. In 1996 het hy bedank en in die private sekureiteitsektor gewerk. Hy was jare lank hoof van sekuriteit by die private televisiemaatskappy ORT. In 2001 is hy in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy die ontsnapping gereël het van Nikolai Gloesjkof, ’n voormalige adjunk-direkteur-generaal van die vliegkorporasie Aeroflot wat in 2000 in hegtenis geneem is in verband met bedrog.
Vergiftiging van Alexander Litvinenko Loegowoi het Alexander Litvinenko ontmoet op die dag dat Litvinenko siek geword het (1 November 2006). Litvinenko is later dié maand dood van bestraling deur vermoedelik polonium, en op 22 Mei 2007 het Britse amptenare Loegowoi aangekla van Litvinenko se moord en aangekondig hulle sal sy uitlewering van Rusland vra. Rusland het geweier om Loegowoi uit te lewer en gesê die Russiese grondwet laat dit nie toe nie. Rusland het verder gesê hulle sal self die saak opneem as Brittanje getuienis teen Loegowoi kan verskaf, maar Brittanje het nagelaat om dit te doen.RIA Novosti. Lugovoy says innocent, Berezovsky behind Litvinenko murder
Daarna het Loegowoi baie gewild geword in Rusland. Hy het Britse intelligensie-agente daarvan beskuldig dat hulle agter die moord sit en beweer MI6 het hom probeer werf om op Rusland te spioeneer.
Politieke loopbaan Nadat die belangstelling in Loegowoi toegeneem het weens die Litvinenko-moord, het Wladimir Zjirinofski, leier van die Liberaal-Demokratiese Party van Rusland (LDPR), op 15 September 2007 aangekondig Loegowoi sal net onder hom wees op die party se lys van kandidate vir 2007 se Staatsdoema-verkiesing. Dit het beteken dat Loegowoi in Desember 2007 ’n parlementslid kon word en dan aanspraak sou kon maak op parlementêre immuniteit. Lib Dems say Lugovoy will contest Duma seat Russia Today. 15 September 2007 Loegowoi het bevestig hy gaan aan die verkiesing deelneem Litvinenko murder suspect confirms plans to stand for election RIA Novosti. 16 September 2007 en gesê hy het sy oë op die amp van president.Lugovoy Running For Parliament, Eyes Presidency Radio Free Europe. 17 September 2007 Loegowoi is toe wel tot die parlement verkies.
Op 13 Maart 2009 het die LDPR aangekondig dat hulle Loegowoi wil benoem vir die burgemeestersverkiesing in Sotsji. Op 24 Maart het Loegowoi egter aangekondig hy gaan nie staan nie en sal eerder ’n lid van die Staatsdoema bly.
Verwysings
Eksterne skakels Loegowoi se amptelike webtuiste Loegowoi op die Staatsdoema-webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Russiese politici Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense