duimnael|Pres. Wladimir Poetin besoek slagoffers van die terroriste-aanval op die Doebrofka-teater op 26 Oktober 2002 in die hospitaal.

Die Doebrofka-gyselaardrama, ook bekend as die Nord-Ost-gyselaardrama, was die oorname van ’n stampvol Doebrofka-teater in Moskou op 23 Oktober 2002 deur 40 tot 50 gewapende rebelle wat beweer het hulle het bande met die Islamitiese seperatiste-beweging in Tsjetsjnië.Modest Silin, Hostage, Nord-Ost siege, 2002 , Russia Today, 27 Oktober 2007 Hulle het 850 gyselaars geneem wat ’n opvoering van die musiekblyspel Nord-Ost bygewoon het, en die onttrekking van Rusland se soldate aan Tsjetsjnië asook die beëindiging van die Tweede Tsjetsjniese Oorlog geëis.

Ná ’n beleg van twee en ’n half dae het Russiese magte ’n onbekende chemiese stof, moontlik fentanil, in die teater ingepomp en dit bestorm. 39 van die aanvallers is deur die Russiese magte dood gemaak, asook 129 van die gyselaars. Feitlik al die gyselaars wat dood is, se lewe is geëis deur die giftige stof wat in die teater ingepomp is om die rebelle te verdoof.Gas "killed Moscow hostages", ibid."Moscow court begins siege claims", BBC News, 24 Desember 2002 Die gebruik van die gas is wyd veroordeel, maar Rusland het gesê daar was nie veel van ’n keuse nie omdat die 50 rebelelle bereid was om die gyselaars te vermoor en self te sterf.

Dokters in Moskou het die regering se weiering om bekend te maak watter gas gebruik is, veroordeel omdat hulle meer lewens sou kon red as hulle dit geweet het.

Drie militante groepe wat in 2003 in ’n verslag deur die VSA as gewelddadige organisasies met bande met Al-Kaïda beskryf is, het aan die aanval deelgeneem. In dieselfde verslag het die VSA sy steun aan ’n politieke oplossing vir die Tsjetsjniese konflik toegesê en ’n beroep op Rusland gedoen om so ’n oplossing te vind.US blacklists Chechen groups, BBC News, 1 Maart 2003

Die militêre aanvoerder Sjamil Basajef het in ’n verklaring op sy webtuiste verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en belowe daar sou nog sulke aanvalle wees.Chechen warlord claims theatre attack, BBC News, 1 November 2002Russian Lawmakers Vote to Curb News Media – Terrorism Reporting Restricted After Crisis Peter Baker, Washington Post, 2 November 2002, A.18

Verdere leesstof The 2002 Dubrovka and 2004 Beslan Hostage Crises: A Critique of Russian Counter-Terrorism, John B. Dunlop () Report on the crisis and legal proceedings, gepubliseer op 26 April 2006 (met byvoegsels in Russies, byvoegsels vertaal)

Verwysings

Eksterne skakels Nord-Ost.org Nord-Ost. Memorial Book of Lost Hostages Webtuiste wat ’n toekenning gewen het In quotes: Moscow hostage crisis, BBC News, 25 Oktober 2002 Tydlyn van die krisis, BBC News, 26 Oktober 2002 Moscow theatre siege, The Guardian, 28 Oktober 2002 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Rusland Kategorie:Terrorisme