Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Majas, vir die historiese beskawing, sien Maja, en vir die taalfamilie, sien Majatale.
Majaans (Màaya t'àan, letterlik: "Majataal"; Spaans: Idioma maya) of Yucatekaanse Maja (Spaans: Maya yucateco) is die tweede belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika ná Nahuatl met 762 520 sprekers in die Meksikaanse deelstate Yucatán, Quintana Roo en Campeche, asook in die noorde van Belize en Guatemala. Majaans word deur die Majas, die hedendaagse verteenwoordigers van die Meso-Amerikaanse Majabeskawing, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.
duimnael|links|Taalsituasie in die Meksikaanse deelstaat Yucatan duimnael|links|'n Majaanse moedertaalspreker Majaans is die belangrikste en grootste van die oorblywende Majatale en in teenstelling met ander tale van dié taalfamilie is Majaans is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering van Yucatan in 'n eie alfabet geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Majas tweetalig met Spaans as tweede taal.
Sien ook Inheemse tale van die Amerikas
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Maja Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van Belize Kategorie:Tale van Guatemala Kategorie:Tale van Meksiko