Oelan-Oede (Russies: Ула́н-Удэ́; Boerjaties: Улаан-Үдэ, Ulaan-Üde) is die hoofstad van die Republiek van Boerjatië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is sowat 100 km suidoos van die Baikalmeer geleë by die samevloei van die Oede- en die Selenga-rivier.
Oelan-Oede lê aan die Transsiberiese Spoorlyn. Die bevolking in 2013 was 416 079, wat die stad die derde grootste in Oos-Siberië maak.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Rusland