Petrozawodsk (Russies: Петрозаво́дск) is die hoofstad van die Republiek van Karelië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit lê sowat 27 km ver al langs die weskus van die Onegameer. Die bevolking in 2013 was 268 946.
Stigting Op 11 September 1703 het die Russiese staatsman prins Mensjikof ’n nedersetting gestig op bevel van Pieter die Grote om kanonne en ankers te vervaardig vir die Oosseevloot tydens die oorlog van 1700–1721 met Swede. Die naam Sjoeiski Zawod (letterlik "Fabriek aan die Sjoeja-rivier") is aanvanklik gebruik, maar ’n dekade later is die naam verander na Petrofski Zawod ("Pieter se Fabriek"). Die huidige naam is in 1777 hiervan afgelei.
Eksterne skakels Amptelike webtuiste Petrozawodsk Aanlyn
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Rusland