Josjkar-Ola (Russies en Mari: Йошка́р-Ола́) is die hoofstad van die Republiek van Mari El, ’n federale deelgebied van Rusland. Die rivier Malaja Koksjaga loop deur die stad. Die bevolking in 2014 was 260 352.
Name Josjkar-Ola beteken "Rooi Stad" in die Mari-taal. Dit is die stad se derde naam. Voorheen was dit bekend as Tsarjowokoksjaisk (Царёвококшайск) en van 1919 tot 1927 as Krasnokoksjaisk (Краснококшайск). Dié name is afgelei van die Malaja Koksjaga-rivier.
Verwysings
Eksterne skakels ’n Kaart van Josjkar-Ola
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Rusland