Die Teëlvisse (Malacanthidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee sub-families in die familie en beide kom in Suider-Afrikaanse water voor: Latilinae en Malacanthinae. duimnael|Malacanthus brevirostris Familie kenmerke Die familie se lywe is lank en ietwat plat en bedek met klein skubbe. Daar is 'n stekel aan die bokant van die kieudeksel.
Subfamilie: Latilinae Daar is drie genera met agt en twintig spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die lyf is reghoekig en ietwat plat en die sub-familie word tussen 35 – 100 cm groot. Sommige spesies is waardevol as voedsel in part areas. Die sub-familie word gevind op die boonste gedeelte van die kontinentale bank in water wat 50 – 612 m diep is.
Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Branchiostegus Branchiostegus doliatus - Geribde teëlvis
Subfamilie: Malacanthinae
Kenmerke Die sub-familie se lyf is lank en silindries en ietwat plat by die stert en die grootte wissel van 30 – 45 cm. Hulle leef in vlakker water in sand of rots area naby riwwe.
Genera Daar is slegs twee genera met twaalf spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Malacanthus Malacanthus brevirostris - Streepstert-teëlvis Malacanthus latovittatus - Sand-teëlvis
Hoplolatilus
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse