Kizil (Russies en Tiwaans: Кызы́л) is die hoofstad van die Republiek van Tiwa, ’n federale deelgebied van Rusland. Die stad se naam beteken "rooi" in Tiwaans. Die bevolking in 2013 was 113 333.

Die stad is geleë waar die Jenisei-rivier by die Mali Jenisei aansluit om die Werchni Jenisei te vorm. Kizil beweer hy is op die presiese geografiese middelpunt van Asië geleë. Die feit word egter betwis, maar daar is ’n monument by Kizil met die naam "Middelpunt van Asië" wat in Engels, Russies en Tiwaans daarop aanspraak maak.

Verwysings

Eksterne skakels Volledige kaart Geskiedenis van die Middelpunt van Asië-monument Kizil na Samarkand

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nedersettings in Rusland