duimnael|Die akteurs van die Comédie-Française, circa 1720. 'n Akteur is 'n persoon wat 'n karakter uitbeeld in 'n uitvoering (ook aktrise; sien hieronder)."The dramatic world can be extended to include the 'author', the 'audience' and even the 'theatre'; but these remain 'possible' surrogates, not the 'actual' referents as such" (Elam 1980, 110). Die akteur doen die uitvoering "in die vlees" in die tradisionele medium van die teater of in moderne media soos film, radio en televisie. Die ooreenstemmende Griekse term is ὑποκριτής (hupokritḗs), letterlik "die een wat antwoord". Die kuns lê in die akteur se interpretasie van die karakter wat uitgebeeld word en in sy toneelspel. Die woord rol, wat verwys na die akteur se interpretasie van 'n karakter, verwys na die rolle papiere wat gebruik was in teaters. Interpretasie van 'n rol, geskied selfs as die akteur "homself speel", in sommige eksperimentele teaterstukke.
Voorheen, in antieke Griekeland, Rome, die Middeleeuse wêreld, en in die tyd van William Shakespeare, kon net mans akteurs wees en vroue se rolle is gewoonlik deur mans of seuns gespeel. Terwyl Antieke Rome later vroue toegelaat het om rolle te vertolk, het hulle slegs klein dele gekry om te praat. Die commedia dell'arte van Italië het egter professionele vroue toegelaat om deel te wees van uitvoerings: Lucrezia Di Siena, wie se naam op 'n kontrak van akteurs van 10 Oktober 1564 verskyn, word as die eerste Italiaanse aktrise beskou, met Vincenza Armani en Barbara Flaminia as die eerste primadonnas, en is die eerste goed-gedokumenteerde aktrises in Italië (en Europa).Giacomo Oreglia (2002). Commedia dell'arte. Ordfront. Na die Engelse Herstel van 1660, het vroue op die verhoë in Engeland begin verskyn. In moderne tye, veral in die pantomime en 'n paar operas, het vroue soms die rolle van seuns of jong mans gespeel.
Geskiedenis Die eerste aantekening van 'n uitvoerende akteur was in 534 v.C. toe die Griekse uitvoerder, Thespis, op die verhoog geklim het by die Theatre Dionysus om die eerste bekende persoon te word om woorde van 'n karakter of 'n storie weer te gee. Voor Thespis se optrede, was Griekse stories slegs in sang, dans en in die derde persoon uitgedruk. Ter ere van Thespis, het akteurs algemeen bekend geraak as Thespiërs. Die manlike akteurs in die teater van die antieke Grieke was uitgevoer in drie vorme van drama, tragedie, komedie, en die satiriese spel.Brockett and Hildy (2003), p. 15–19 Westerse teater het aansienlik uitgebrei en ontwikkel onder die Romeine. Die teater van die antieke Rome was 'n vooruitstrewende en diverse kunsvorm, wat gewissel het van feestelike optredes van die straat teater, naakte danse, en akrobatiese bewegings, na die aanbieding van die komedies en 'n hoë-styl, mondelings-uitgebreide tragedies.
Soos die Wes-Romeinse Ryk begin verval het teen die middel van die 4de en 5de eeue, het die setel van die Romeinse mag verskuif na Konstantinopel en die Bisantynse Ryk. Rekords wys dat mime, pantomime, tonele of voordragte van tragedies en komedies, danse, en ander vermaak baie gewild was. Vanaf die 5de eeu is Wes-Europa gedompel in 'n tydperk van algemene wanorde. Klein nomadiese groepe akteurs het deur Europa gereis gedurende die tydperk en het 'n opvoering gelewer waar hulle 'n gehoor kon vind; daar is geen bewyse wat toon dat hulle enigiets behalwe ru-skerms vervaardig het nie.Brockett and Hildy (2003), p.75 Tradisioneel was akteurs nie van 'n hoë status nie; daarom was reisende geselskappe in die vroeë Middeleeue dikwels met wantroue aanskou. Vroeë Middeleeuse akteurs was veroordeel deur die Kerk gedurende die Donker Eeue, omdat hulle as gevaarlik, immoreel en heidens beskou is. In baie dele van Europa, was dit die tradisionele oortuiging van spesifieke streke dat akteurs nie 'n Christelike begrafnis verdien het nie.
In die Vroeë Middeleeue het kerke in Europa begin om gedramatiseerde weergawes van Bybelse gebeure op te voer. Deur die middel van die 11de eeu het liturgiese drama versprei van Rusland na Skandinawië en Italië. Die Feast of Fools het die ontwikkeling van komedie aangemoedig. In die Laat Middeleeue is opvoering in 127 dorpe vervaardig. Hierdie opvoerings het dikwels komedie bevat, met akteurs wat duiwels, skurke en narre gespeel het.Brockett and Hildy (2003), p. 86 Die meerderheid van die akteurs in hierdie opvoerings, was van die plaaslike inwoners. Amateurkunstenaars was slegs manlik in Engeland, maar ander lande het reeds vroulike kunstenaars gehad.
Daar was verskeie sekulêre opvoerings tydens die Middeleeue, waarvan die vroegste The Play of the Greenwood, deur Adam de la Halle in 1276 is. Dit bevat satiriese tonele en ander volksmateriaal soos feetjies en bonatuurlike gebeure. Die kluggenre het ook gewild begin raak na die 13de eeu. Teen die einde van die Laat Middeleeue, het professionele akteurs in Engeland en Europa na vore begin tree. Richard III en Hendrik VII het beide klein groepe akteurs bestuur. Aan die begin van die 16de eeu, het commedia dell'arte geselskappe improvisasie opvoerings regoor Europa gedoen vir 'n paar eeue lank. Commedia dell'arte was 'n akteur-gesentreerde teater, wat min natuurskoon en baie min rekwisiete benodig het. Opvoerings was los raamwerke, wat situasies, komplikasies en die uitkoms omtrent 'n aksie uitgebeeld het, rondom hierdie strukture het akteurs geïmproviseer. Die uitvoerings het gewoonlik bestaan uit 'n groep van 13 tot 14 akteurs, en in meeste gevalle het akteurs in die wins gedeel gelykstaande aan die grootte van hul rolle wat hulle vertolk het. duimnael|'n 1596 skets van 'n opvoering in proses op die verhoog van The Swan, 'n Elizabethaanse oop-dak teater. Renaissance teater is afgelei van verskeie middeleeuse teatertradisies, soos die "misterieuse opvoerings" en die "universiteitsdramas" wat gepoog het om die Atheense tragedie te herskep.
Die Italiaanse tradisie van Commedia dell'arte, sowel as die uitgebreide masques is gereeld aangebied by die hof en het ook bygedra tot die vorming van openbare teater. Voor die regering van Elizabeth I, was maatskappye van die spelers verbonde aan huishoudings van die voorste aristokrate en het uitvoerings seisoenaal op verskeie plekke gehou. Dit het die grondslag geword vir die professionele spelers in Elizabethaanse era.
Die ontwikkeling van die teater en geleenthede vir akteurs het opgehou toe die Puriteinse opposisie van daardie stadium opvoerings in Londen verbied het. Puriteine het teater as immoreel beskou. Die heropening van teaters in 1660 het 'n herlewing in Engelse teater meegebring, Engelse komedies is geskryf en opgevoer in die Hersteltydperk van 1160 - 1710 en is in geheel beskryf as "herstelkomedie"/"verligtingskomedie". Hierdie komedie is berug vir sy seksuele ondertone. Op hierdie punt is vroue toegelaat om vir die eerste keer op die verhoog te verskyn, maar slegs in vroulike rolle. Hierdie tydperk het die eerste professionele aktrises meegebring asook die opkoms van die eerste beroemde akteurs.
Die 19de eeu duimnael|Henry Irving in The Bels, 1874 In die 19de eeu is die negatiewe reputasie van akteurs grootliks omgekeer en hulle is vereer en toneelspel het 'n gewilde beroep en kuns geword. Die koms van die akteur as 'n beroemde persoon, het gemaak dat gehore na opvoerings gaan kyk om hul "gunsteling sterre" te sien. Akteurs se bestuurders, wat hul eie maatskappy gestig het, moes ook nou omsien na die vervaardiging en finansiering van produksies.James Eli Adams, ed., Encyclopedia of the Victorian era (2004) 1:2-3. Indien 'n maatskappy suksesvol was, het hulle 'n permanente kliëntebasis gehad wat na die produksies kom kyk het. Hulle kon ook hul gehore vergroot deur landswyd te toer en om 'n reeks bekende opvoerings te doen, soos dié wat deur Shakespeare geskryf is. Die koerante, private klubs, kroeë en koffiewinkels het gegons oor die nuutste produksies en sterre. Henry Irving (1838 - 1905) was die mees suksesvolle bestuurder onder die Britse akteurs.George Rowell, Theatre in the Age of Irving (Rowman & Littlefield, 1981). Irving was bekend vir sy Shakespeare rolle en vir sodanige innovasies soos om die ouditorium se ligte af te skakel om die fokus op die akteurs te plaas. Sy geselskap het regoor Brittanje getoer, asook Europa en die Verenigde State van Amerika, waar talentvolle akteurs gehore bekoor het. In 1895 is geselskap ook in hoër kringe van die Britse samelewing aanvaar.
20ste eeu duimnael|'n Plakkaat vir 'n opvoering by die Shubert Teater. Teen die vroeë 20ste eeu het die ekonomie dit toegelaat om grootskaalse produksies te begin lewer. Dit was moeilik om mense te vind wat goed was in beide regie en teaterbestuur, daarom is die twee verantwoordelikhede van mekaar geskei en aan individuele persone toegeken. Groter bedrae geld was nodig om met produksies te begin toer, die oplossing hiervoor was om 'n kettingreeks teaters op te rig, soos onder ander Theatrical Syndicate, Edward Laurillard en veral The Shubert Organization. Deur vir toeriste vertonings aan te bied in groot stede, moes die produksies vir lang tye aaneen vertoon, veral met musiekblyspele. In hierdie tyd het dit selfs nog meer noodsaaklik geraak om 'n bekende akteur aan 'n produksie se titel te koppel.Foster Hirsch, The Boys from Syracuse: The Shuberts' Theatrical Empire (Cooper Square Press, 2000).
Tegnieke Klassieke toneelspel is 'n filosofie van spel wat integreer met die uitdrukking van die liggaam, stem, verbeelding, verpersoonliking, improvisasie, eksterne stimuli en teksanalise. Dit is gebaseer op die teorieë en stelsel van klassieke akteurs en regisseurs, insluitend Konstantin Stanislavski en Michel Saint-Denis. In die Stanislavski-stelsel, ook bekend as Stanislavski se metode, neem akteurs hul eie gevoelens en ervarings om die egtheid van die karakter te weerspieël. Akteurs sit hulself in die gedagtegang van die karakter en soek vir ooreenkomste tussen hulself en die karakter om 'n ware uitbeelding van die karakter weer te gee. Metode toneelspel is 'n reeks tegnieke wat saamgestel is vir die opleiding van akteurs om 'n beter karakter te skep, soos geformuleer deur Lee Strasberg. Strasberg se metode is gebaseer daarop dat 'n akteur 'n emosionele en kognitiewe begrip van hul rol moet ontwikkel en om hul eie persoonlike ervarings te gebruik om met die karakter te kan identifiseer. Hierdie metode word deels gebaseer op Stanislavski se stelsel. Ander metodes word ook op Stanislavski se idees gebaseer, soos dié van Stella Adler en Sanford Meisner, maar dit word nie as "metodespel" beskou nie.Guerrasio, Jason. (2014-12-19) What It Means To Be ‘Method’ . Tribecafilminstitute.org. Besoek op 2016-02-10. Meisner-tegniek vereis dat die akteur moet fokus op die ander akteur om dan heeltemal in die oomblik te wees. Hierdie metode maak dat akteurs meer eg voorkom in tonele. Dit is gebaseer op die beginsel dat toneelspel homself sal vind deur middel van uitdrukking wanneer daar op die ander persoon se emosies gesinspeel word.
Teenoorgestelde geslag Voorheen, in sekere gemeenskappe, kon net mans akteurs wees. In antieke Griekeland en antieke Rome en die Middeleeuse wêreld, was dit beskou as 'n skande vir 'n vrou om op 'n verhoog te wees; dit was die siening tot en met die 17de eeu in Venesië. In die tyd van William Shakespeare is vroue se rolle oor die algemeen deur mans of seuns vertolk.