Siktifkar (Russies: Сыктывкар) is die hoofstad van die Republiek van Komi, ’n federale deelgebied van Rusland. Die bevolking in 2014 was 241 982.
Die stad is aan die Sisola-rivier geleë (wat die oorsprong was van sy oorspronklike naam, Oest-Sisolsk), naby die samevloei met die groter Witsjegda-rivier. Siktifkar se huidige naam kom van die Komi-naam vir die Sisola-rivier, Siktif, en die woord kar (stad).
Eksterne skakels Siktifkar-webtuiste Geskiedenis
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Rusland