Die Geelstert-piesang (Paracaesio xanthura) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Yellowtail blue snapper.

Voorkoms Die vis het twee kleur skemas: gewoonlik is die vis eenvormig donker groen-bruin en met die ander skema is die vis se kop en lyf helder blou met 'n geel streep bolangs oor die lyf vanaf die dorsalevin tot en met die stertvin. Daar is onsekerheid wat die kleurverandering beteken of veroorsaak. Die stertvin is gevurk. Die vis word 45 cm groot. Groot volwasse visse het voor in die onderste kaak twee uitstaande tande.

Habitat Die vis leef in skole in koraal- en rotsriwwe en vreet hoofsaaklik soöplankton. Dit is ook 'n lekker eetvis.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Paracaesio-xanthura.html

Kategorie:Beenvisse