Die Papegaaivisse (Scaridae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Die familie bevat tien genera met minstens negentig spesies. Negentien van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.

Kenmerke Die familie se lywe is reghoekig en stewig. Die meeste spesies van die familie se tande is aanmekaar wat die kenmerkende papegaai-bek vorm tot gevolg het en waarvandaan die familie sy naam kry. Die dorsale vin is enkel en die stertvin kan plat, holvormig of bolvormig wees. Die skubbe is groot en die sylyn word onderbreek onder die strale van die dorsale vin. Daar is weinige skubbe op die kop. Die familie word tussen 19 cm en 1.2 m lank.

Die familie is herbivore en vreet meestal seegras en detritus maar sommige spesies vreet lewende koraal. Die familie slaap gedurende die nag, goed weggesteek in gate en onder lyste in die koraalrif. Die familie is afwisselende hermafrodiete.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Calotomus Calotomus carolinus – Kersfees-papegaaivis Calotomus viridescens – Steroog-papegaaivis

Chlorurus Chlorurus atrilunula – Bloumaan-papegaaivis Chlorurus cyanescens – Blouramkoppapegaaivis Chlorurus sordidus – Koeëlkop-papegaaivis

Hipposcarus Hipposcarus harid – Langneus-papegaaivis

Leptoscarus Leptoscarus vaigiensis – Marmer-papegaaivis

Scarus Scarus frenatus – Getoomde pappagaaivis Scarus ghobban – Bloubalk-papegaaivis Scarus psittacus – Witneus-papegaaivis Scarus rubroviolaceus – Kool-papegaaivis Scarus scaber – Vyfsaal-papegaaivis Scarus tricolor – Driekleur-papegaaivis

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse