Die Hetiete of Hittiete was 'n Anatoliese Indo-Europese volk wat in die Bronstydperk een van die eerste groot beskawings in Wes-Asië gevorm het. Hulle het waarskynlik van oorkant die Swartsee gekom en hulle in die vroeë 2de millennium v.C. in die hedendaagse Turkye gevestig.

Hulle het 'n reeks state in Noordsentraal-Anatolië gevestig, insluitende die koninkryk Koessara (voor 1750 v.C.), die Kanesj- of Nesja-koninkryk (omstreeks 1750-1650 v.C.) en 'n ryk wat om Hattoesa gesentreer was (omstreeks 1650 v.C.). Dit was in die moderne tyd as die Hetitiese Ryk of Hittitiese Ryk bekend. Dit het in die middel 4de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik onder Soeppiloelioema I, toe dit die grootste deel van Anatolië en dele van die Noord-Levant en Bo-Mesopotamië beslaan het.

duimnael|links|240px|Die gerekonstrueerde stadsmuur van Hattoesa. Tussen die 15de en 13de eeu v.C. was die Hetiete een van die oorheersende magte in die Naby Ooste en het hulle gebots met die Nuwe Ryk van Egipte, die Middel-Assiriese Ryk en die ryk Mitanni. Teen die 12de eeu v.C. was 'n groot deel van die Hetitiese Ryk deur die Assiriese Middelryk geannekseer, en die res is geplunder deur Frigiese nuwe aankomelinge in die streek. Van die laat 12de eeu v.C. af, tydens die verval van die Bronstydperk, het die Hetiete versplinter in verskeie klein onafhanklike state. Van hulle het tot die 8ste eeu v.C. bly bestaan voordat hulle voor die Nieu-Assiriese Ryk geswig het. Hulle afstammelinge het versplinter en is eindelik in die moderne bevolkings van die Levant en Mesopotamië opgeneem."Sea Peoples". Ancient History Encyclopedia. September 2009.

Hetities (onder sy sprekers bekend as Nesjili, "die taal van Nesja") was 'n verlangse lid van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met die nabyverwante Loewies is dit sover bekend die oudste Indo-Europese taal.

Die geskiedenis van die Hetitiese beskawing is hoofsaaklik bekend uit tekste in wigskrif wat in voormalige Hetitiese gebiede ontdek is, en uit diplomatieke en kommersiële korrespondensie uit verskeie argiewe van Assirië, Babilonië, Egipte en die breër Midde-Ooste. Die ontsyfering van dié tekste was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Indo-Europese studies. Kultuurbande met die prehistoriese Skandinawië is ook al voorgestel.

Moderne belangstelling in die Hetiete het toegeneem met die stigting van die Republiek Turkye in 1923. Die Hetiete het die aandag getrek van bekende Turkse argeoloë. In dié tyd het die nuwe veld Hetitologie ook die benamings van Turkse instelling beïnvloed, soos Etibank ("Hetitiese Bank") in staatsbesit, en gelei tot die stigting van die Museum van Anatoliese Beskawings in Ankara, wat 200 km wes van die Hetitiese hoofstad, Hattoesa, gebou is en die wêreld se omvattendste uitstalling van Hetitiese kuns en artefakte bevat.

Etimologie Die Hetiete het hulle koninkryk Hattoesa (Hatti in Akkadies) genoem. Dié naam is afgelei van die Hattiërs, 'n vroeëre volk wat Sentraal-Anatolië tot aan die begin van die 2de millennium v.C. bewoon en regeer het, en 'n onverwante taal, Hatties, gepraat het.Ardzinba, Vladislav. (1974): Some Notes on the Typological Affinity Between Hattian and Northwest Caucasian (Abkhazo-Adygian) Languages. In: "Internationale Tagung der Keilschriftforscher der sozialistischen Länder", Budapest, 23–25. April 1974. Zusammenfassung der Vorträge (Assyriologica 1), pp. 10–15. Die moderne konvensionele naam "Hetiete" kom van die aanvanklike identifikasie van die volk van Hattoesa deur 19de-eeuse argeoloë met die Bybelse Hetiete.

Die Hetiete sou hulleself eerder iets soos "Nesjiete" genoem het, na hulle stad Nesja, wat sowat 200 jaar lank floreer het totdat 'n koning met die naam Labarna homself omstreeks 1650 v.C. tot Hattoesili I ("die man van Hattoesa") hernoem en Hattoesa sy hoofstad gemaak het.

Argeologiese ontdekkings thumb|160px|'n Bronsvoorwerp uit 'n pre-Hetitiese grafkelder van die 3de millennium v.C. (Museum van Anatoliese Beskawings, Ankara). thumb|160px|'n Hetitiese ivoorsfinks, 18de eeu v.C.

Bybelse agtergrond Voor die argeologiese ontdekkings wat die Hetitiese beskawing onthul het, was die enigste inligtingsbron oor hulle die Hebreeuse Bybel. Francis William Newman het die mening uitgespreek, wat algemeen in die vroeë 19de eeu geglo is, dat "geen Hetitiese koning in mag kon vergelyk met die koning van Juda nie..."

Namate die ontdekkings in die tweede helfte van die 19de eeu die skaal van die Hetitiese koninkryk ontbloot het, het Archibald Sayce gemeen die Anatoliese beskawing was, eerder as om dit met Juda te vergelyk, "waardig om met die verdeelde Koninkryk Egipte" vergelyk te word, en dat dit "veel magtiger as Juda was".The Hittites: the story of a forgotten empire By Archibald Henry Sayce Queen's College, Oxford. Oktober 1888. Introduction Sayce en ander geleerdes het ook opgemerk Juda en die Hetiete was in die Hebreeuse tekste nooit vyande nie; in 2 Konings verskaf hulle sederhout, strydwaens en perde aan die Israeliete, en in Genesis was hulle vriende en bondgenote van Abraham. Urija die Hetiet was in Dawid se weermag en het getel onder een van sy "dapper manne" in 1 Kronieke (11:41).

Aanvanklike ontdekkings Die Franse geleerde Charles Texier het die eerste Hetitiese ruïnes in 1834 ontdek, maar het hulle nie as sulks geïdentifiseer nie.

Die eerste argeologiese bewyse van die Hetiete verskyn in tablette wat by die handelspos Kanesj (nou Kültepe in Turkye) ontdek is. Dit bevat rekords van handel tusen Assiriese handelaars en 'n sekere "land Hatti". Sommige name op die tabelle was nie Hatties of Assiries nie, maar duidelik Indo-Europees.

thumb|200px|links|'n Skuinste by Hattoesa. thumb|200px|links|'n Drinkbeker in die vorm van 'n vuis; 1400-1380 v.C., Museum van Beeldende Kuns, Boston. Die teks op 'n monument by Boğazkale deur 'n "volk van Hattoesas" wat die sendeling William Wright in 1884 ontdek het, het ooreengestem met hiëroglieftekste van Aleppo en Hama in Noord-Sirië. In 1887 het uitgrawings by Amarna in Egipte die diplomatieke korrespondensie ontbloot van farao Amenhotep III en sy seun, Achenaten. Twee briewe van 'n "koninkryk van Cheta" – wat skynbaar in dieselfde algemene gebied gevind is as die verwysing na die "land Hatti" – is in Akkadiese standaardwigskrif geskryf, maar in 'n onbekende taal.

Kort hierna het Sayce voorgestel dat Hatti of Chatti in Anatolies identies is met die "koninkryk Cheta" wat in dié Egiptiese tekste voorkom, sowel as met die Bybelse Hetiete. Sy identifikasie is in die loop van die 20ste eeu algemeen aanvaar en die naam "Hetiete" het verbind geraak met die beskawing wat by Boğazköy ontbloot is.

Tydens sporadiese uitgrawings by Boğazköy (Hattoesa) wat in 1906 begin het, het die argeoloog Hugo Winckler 'n koninklike argief met 10 000 tablette ontdek. Daarop was Akkadiese wigskrif in dieselfde onbekende taal as die Egiptiese letters van Cheta, en dit het die identiteit van die twee name bevestig.

Hy het ook bewys die ruïnes by Boğazköy was die oorblyfsels van die hoofstad wat in 'n stadium Noord-Sirië beheer het.

Onder toesig van die Duitse Argeologiese Instituut duur uitgrawings by Hattoesa voort sedert 1907, met onderbrekings gedurende die twee wêreldoorloë. Kültepe is suksesvol deur professor Tahsin Özgüç uitgegrawe, van 1948 tot met sy dood in 2005. Uitgrawings op kleiner skaal is ook in die omgewing van Hattoesa gedoen, insluitende die rotsheiligdom Yazılıkaya, wat verskeie rotsreliëfs bevat wat die Hetitiese heersers en die gode van die Hetitiese panteon uitbeeld.

Geskrifte Die Hetiete het 'n vorm van wigskrif gebruik bekend as "Hetitiese wigskrif". Tydens argeologiese ekspedisies na Hattoesa is hele stelle koninklike argiewe op wigskriftablette ontdek. Dit is in óf Akkadies, die diplomatieke taal van die tyd, óf die verskeie dialekte van die Hetitiese konfederasie geskryf.The Hittite Empire. Chapter V. Vahan Kurkjian

thumb|160px|Seremoniële houers in die vorm van die heilige bulle Hurri ("Dag") en Seri ("Nag"), ontdek by Hattoesa (16de eeu v.C.). (Museum van Anatoliese Beskawings. Geografie Die Hetitiese koninkryk was gesentreer om die grondgebied om Hattoesa en Nesja (Kültepe), bekend as die "land Hatti". Nadat Hattoesa die hoofstad geword het, is die gebied wat deur die draai in die Kızılırmakrivier omring word, beskou as die kerngebied van die ryk, en sommige Hetitiese wette maak 'n onderskeid tussen "hierdie kant van die rivier" en "daardie kant van die rivier".

Wes en suid van die kerngebied het die streek gelê wat in die vroegste Hetitiese tekste as "Loewija" bekend was. Dié naam is met die opkoms van die koninkryke Arzawa en Kizzoewatna met dié name vervang.John Marangozis (2003) A Short Grammar of Hieroglyphic Luwian Tog het die Hetiete die taal wat in dié gebiede ontstaan het "Loewies" bly noem. In die noorde het die bergvolk bekend as die Kaskiërs gewoon en in die suidooste was die Horitiese ryk Mitanni.

Op sy hoogtepunt, tydens die bewind van Moersili II, het die Hetitiese ryk gestrek van Arzawa in die weste tot Mitanni in die ooste, en het dit baie van die Kaskiese gebiede in die noorde ingesluit tot so ver as Hajasa-Azzi in die verre noordooste en in die suide tot by Kanaän naby die suidelike grens met Libanon.

Geskiedenis Oorsprong Die voorouers van die Hetiete het tussen 4400 v.C. en 4100 v.C. na Anatolië gekom, toe die Anatoliese taalfamilie weggebreek het van (Proto)-Indo-Europees.Kloekhorst, Alwin, (2022). "Anatolian", in: Thomas Olander (red.), The Indo-European Language Family: A Phylogenetic Perspective, Cambridge University Press, p. 78: Volgens onlangse genetiese en argeologiese navorsing het Proto-Anatoliessprekers iewers tussen 5000 v.C. en 3000 v.C. in die streek aangekom.Lazaridis, Iosif, et al., (2022). , in: Science, 26 Augustus 2022, Vol 377, Issue 6609, [Research Article Summary, p. 1] Proto-Hetities het omstreeks 2100 v.C. ontwikkelKloekhorst, Alwin, (2022). "Anatolian", in: Thomas Olander (ed.), The Indo-European Language Family: A Phylogenetic Perspective, Cambridge University Press, p. 75 en Hetities self was waarskynlik tussen die 20ste en 12de eeu v.C.in Sentraal-Anatolië in gebruik.Kroonen, Guus, et al., (2018). "Linguistic supplement to Damgaard et al. 2018: Early Indo-European languages, Anatolian, Tocharian and Indo-Iranian", in Zenodo 2018, p. 3

duimnael|links|220px|Die Hetitiese Ryk. Rooi: uitbreiding omstreeks 1590 v.C.; oranje: uitbreiding omstreeks 1300 v.C. Die Egiptiese invloedsfeer is groen. Hetiete het gedurende die Bronstydperk in Anatolië saam met die Hattiërs en Horiete gewoon, óf deur verowering óf deur geleidelike assimilasie...

Volgens ontledings deur David W. Anthony in 2007 het veewagters van die steppe wat argaïese Indo-Europees gepraat het, omstreeks 4200 tot 4000 v.C. na die laer Donauvallei versprei. Hulle het die verval van Ou Europa óf uitgebuit óf veroorsaak. Anthony het gedink hulle tale "het moontlik argaïese Proto-Indo-Europese dialekte ingesluit, van die soort wat later gedeeltelik in Anatolië bewaar gebly het," en dat hulle afstammelinge later op 'n onbekende tyd na Anatolië getrek het, maar waarskynlik in 3000 v.C.

J.P. Mallory het ook gedink dit is waarskynlik dat die Anatoliërs die Nabye Ooste in die 3de millennium v.C. uit die noorde bereik het, óf deur die Balkan óf deur die Kaukasus. Volgens Parpola het die verskyning van Indo-Europeessprekendes uit Europa in Anatolië, en die verskyning van die Hetiete, verband gehou met die latere migrasies van Proto-Indo-Europeessprekendes van die Jamnaja-kultuur na die Donauvallei omstreeks 2800 v.C., wat ooreenstem met die tradisionele aanvaarding dat die Anatoliese Indo-Europese taal iewers in die 3de millennium v.C. in Anatolië bekend gestel is.