Victor Ludorum is Latyn vir "die wenner van die spele." Dit is gewoonlik ’n trofee wat aan die mees suksesvolle span, klub of mededinger by ’n sportgebeurtenis oorhandig word. Dit is algemeen by regattas en was ’n tradisie by sommige Britse privaatskole. Dit word gewoonlik toegeken aan die atleet/deelnemer wat die meeste items gewen het of wat die meeste punte behaal het deur aan verskillende items deel te neem.

Vroulike mededingers ding gewoonlik mee om die Victrix Ludorum.

Verwysings

Kategorie:Atletiek Kategorie:Latynse uitdrukkings Kategorie:Sportterminologie