Coldstream is 'n klein nedersetting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika in die Tsitsikamma streek. Die nedersetting is net noord van die N2-nasionale pad, oos van die Bloukransrivierbrug en die R102-hoofpad gaan deur die nedersetting.

In 1910 is 'n grafsteen hier uitgegrawe wat ongeveer 2000 jaar oud mag wees. Op die klip is 'n tekening van 'n kunstenaar wat 'n palet en 'n veer (vir 'n kwas) vashou. Die ontdekking het 'n groot beroering veroorsaak onder paleontoloë.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Cold Stream (Buffels) in KwaZulu-Natal

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap