Die Arabiese See (Arabies: حر العرب Baḥr al 'Arab, Persies: دریای عرب, Oerdoe: بحیرہ عرب, Hindi: अरब सागर, Sanskrit: सिन्धू सागर Sindhusagaraha, letterlike betekenis: See van Sindh) is die see tussen Indië en Arabië.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is deel van die Indiese Oseaan en word deur Somalië, Jemen, Oman, Iran, Pakistan, Indië en die Maledive omring. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 3 862 000 km² en die maksimum diepte is ongeveer 5 000 meter. Die Arabiese See is ná die Arabiese Skiereiland genoem.
Die Arabiese See word deur 'n denkbeeldige lyn tussen Sokotra in die weste en die Maledive in die ooste van die Indiese Oseaan geskei. Dit het twee randseë: Die Golf van Aden, wat hierdie see met die Rooisee verbind, en die Golf van Oman, wat dit met die Persiese Golf verbind.
Groot stede aan die Arabiese See is Karatsji, Moembaai, Surat en Thiruvananthapuram en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Indus, die Narmada en die Tapti, almal van die Indiese subkontinent. In Suid-Indië loop die Wes-Ghats parallel tot die Arabiese See se ooskus.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Indië Kategorie:Geografie van Iran Kategorie:Geografie van Jemen Kategorie:Geografie van die Maledive Kategorie:Geografie van Oman Kategorie:Geografie van Pakistan Kategorie:Geografie van Somalië Kategorie:Seë van Afrika Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Indiese Oseaan