Die Golf van Bengale of Baai van Bengale (Bengaals: বঙ্গোপসাগর baṅgopasāgar, Birmaans: ဘင်္ဂလားပင်လယ်အော်, Hindi: बंगाल की खाड़ी baṅgāl kī khāṛī, Indonesies: Teluk Benggala, Maleis: Teluk Benggala, Tamil: வங்காள விரிகுடா, Telugu: బంగాళాఖాతము, Thai: อ่าวเบงกอล) is 'n golf of baai wat deel uitmaak van die Indiese Oseaan en word sekelvormig omgrens deur die Sri Lanka, Indië, Bangladesj, Mianmar, Thailand, Maleisië en Indonesië. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 2 172 000 km² en die Golf van Bengale word as die grootste golf ter wêreld beskou.

duimnael|links|Die hawe van Visakhapatnam, een van die besigste aan die Golf van Bengale Die Golf van Bengale word deur 'n denkbeeldige lyn tussen Sri Lanka in die weste en Sumatra in die ooste van die Indiese Oseaan geskei en is genoem ná die streek Bengale. Die oostelike deel van die golf, geleë tussen Mianmar en Thailand oos van die Andaman- en Nicobar-eilande, word die Andamanse See genoem.

Groot stede aan die golf is Chennai, Chittagong, Kalkutta, Visakhapatnam en Yangon en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Brahmaputra, Ganges, Godavari, Irrawaddy, Kaveri, Krisjna en die Mahanadi. In Suid-Indië loop die Oos-Ghats parallel tot die Golf van Bengale se weskus.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Bangladesj Kategorie:Geografie van Indië Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Geografie van Mianmar Kategorie:Geografie van Sri Lanka Kategorie:Geografie van Thailand Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Indiese Oseaan