Die Gelykvin-plooibek (Gerres methueni) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf Mosambiek tot by Algoabaai en ook by Madagaskar. In Engels staan die vis bekend as die Evenfin pursemouth.
Voorkoms Die lyf is silwer met donker horisontale strepe wat die skublyne volg. Die rant van die dorsale vin is donker en die stert vin is diep gevurk. Die vis word nie groter as 30 cm nie.
Habitat Die vis leef in varswater en riviermondings. Die wyfie skiet kuit in die see alhoewel die vis water met 'n lae soutinhoud verkies. Die onvolwasse vissies kom net in riviermondings voor.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Gerres-methueni.html
Kategorie:Beenvisse