Die swerwer-dryfvis (Schedophilus velaini) is 'n vis wat voorkom in al die oseane van die wêreld en reg rondom die Suider-Afrikaanse kus; ook in St. Helena, Tristan da Cunha, Nieu Seeland en Australië. In Namibië staan die vis bekend as die swart bottervis en in Engels as die Peregrine driftfish.
Voorkoms Die vis se lyf is donker olyfgroen aan die bokant, silwer aan die onderkant en word tot 73 cm groot.
Habitat Die vis leef in water wat 30 – 400 m diep is en word gewoonlik saam met jellievisse gesien.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Schedophilus velaini by FishBase
Kategorie:Beenvisse