Die wortelmondjellievis (Rhizostoma) is 'n genus van medium tot groot jellievisse wat in die Oos-Atlantiese Oseaan (Noordsee en Britse Eilande tot Suid-Afrika) en Middellandse See voorkom.

Beskrywing Die dier is deurskynend blou of wit en het geen tentakels nie en word tot 30 cm in deursnee.

Habitat Die dier dryf rond op die oppervlakte van die see. Hulle vreet deur mikroskopiese diertjies uit die water te filtreer. Hulle spoel dikwels op strande uit en word geëet deur skilpaaie.

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Ongewerweldes