Die Masels-botvisse (Paralichthodidae) is 'n vis-familie van die orde Pleuronectiformes. Daar is slegs een genus met een spesies in die familie wat endemies is aan Suid-Afrika.
Kenmerke Die familie se lywe is uiters plat en ovaalvormig met beide oë aan die regterkant van die kop. Die pektorale vinne is goed ontwikkel aan beide kante van die lyf. Die dorsale vin strek van voor die oë tot by die stertvin. Die vis was voorheen ingesluit in die familie Pleuronectidae.
Genus Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Paralichthodes Paralichthodes algoensis - Masels-botvis
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse