Die 2012 Superrugbyseisoen het in Februarie 2012 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die tweede seisoen van die vergrote 15-spantoernooi en die 17de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Daar is elke naweek van 24 Februarie tot 14 Julie wedstryde gespeel (met ’n drie week breuk tussen rondtes 15 en 16 vir internasionale wedstryde) en die eindwedstryd is op 4 Augustus gespeel.

Die kompetisie is oor 21 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Met die nuwe formaat bestaan die seisoenwedstryde uit twee tipes wedstryde, nl.: Intergroepwedstryde – Elke span speel tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe) Tussengroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee groepe waarvan vier wedstryde tuis was en vier wedstryde weg. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.

Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in die groep, het in die uitspeelwedstryde gespeel. Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleër) het die eerste ronde van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie gekry. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër het dan in ’n tuiswedstryd uitgespeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes het die tweede groepwenner uitgespeel teen die span wat in die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste groepwenner het dan teen die ander uitspeelrondewenner gespeel. Die eindronde was ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.

Punte

Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) BP1 = Bonuspunt toegeken vir ’n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. BP2 = Bonuspunt toegeken aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry. LL = Bonuspunte toegeken vir ’n loslootjie. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is

Die span wat die week ’n loslootjie het kry vier ligapunte

Wedstryddatums DatumDatumWeek 124–25 FebruarieWeek 1211-13 MeiWeek 22-3 MaartWeek 1318-20 MeiWeek 39-10 MaartWeek 1425-26 MeiWeek 416–18 MaartWeek 151-2 JunieWeek 523–24 MaartWeek 1629-30 JunieWeek 630–31 MaartWeek 176-7 JulieWeek 75-7 AprilWeek 1813–14 JulieWeek 813–14 AprilUitspeelrondes20-21 JulieWeek 920–21 AprilHalfeindronde27-28 JulieWeek 1027-29 AprilEindronde4 AugustusWeek 114–6 Mei

Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is Nota: Tye, datums en wedstrydplek is onderhewig aan verandering

Week 1

Elton Jantjies het in hierdie wedstryd die rekord vir die meeste strafdoele deur een persoon in ’n Superrugbywedstryd verbeter toe hy met nege strafdoele geslaag het.

Loslootjie: Rebels

Week 2 Geen somertyd in Brisbane.

Loslootjie: Brumbies

Week 3 Geen somertyd in Perth en Brisbane.

Loslootjie: Stormers

Week 4

Loslootjie: Bulls, Crusaders, Lions

Week 5

Loslootjie: Chiefs

Week 6 Geen somertyd in Perth. Sondag 1 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.

Loslootjie: Blues

Week 7 Paasnaweek

Loslootjie: Waratahs

Week 8

Loslootjie: Highlanders, Hurricanes, Reds

Week 9

Loslootjie: Cheetahs, Force, Lions

Week 10

Loslootjie: Bulls, Rebels, Sharks

Week 11

Loslootjie: Stormers

Week 12

Loslootjie: Brumbies

Week 13

Loslootjie: Chiefs

Week 14

Loslootjie: Crusaders

Week 15

Loslootjie: Cheetahs, Force, Reds

Week 16

Loslootjie: Blues, Sharks, Waratahs

Week 17

Loslootjie: Hurricanes

Week 18

Loslootjie: Brumbies

Uitspeelwedstryde

Kwalifiserende ronde

Halfeindronde

Eindronde

Spelerstatistieke

Voorste driedrukkers Top 14 driedrukkersPosNaamDrieëSpan 1 André Taylor 10 Hurricanes Bjorn Basson 10 Bulls 3 Julian Savea 9 Hurricanes Sona Taumalolo 9 Chiefs 5 Dom Shipperley 8 Reds Henry Speight 8 Brumbies Lwazi Mvovo 8 Sharks Zac Guildford 8 Crusaders 9 Asaeli Tikoirotuma 7 Chiefs Conrad Smith 7 Hurricanes Cooper Vuna 7 Rebels Gio Aplon 7 Stormers TJ Perenara 7 Hurricanes Willie le Roux 7 Cheetahs Bron: SARugby.co.za

Voorste puntemakers Top 10 voorste puntemakersPosNaamPunteSpan 1 Aaron Cruden 251 (3 Drieë, 43 Doel, 50 Straf) Chiefs 2 Morné Steyn 228 (1 Drie, 38 Doel, 46 Straf, 3 Skep) Bulls 3 Beauden Barrett 197 (2 Drieë, 35 Doel, 39 Straf) Hurricanes 4 Mike Harris 149 (22 Doel, 34 Straf, 1 Skep) Reds 5 Tom Taylor 146 (1 Drie, 15 Doel, 37 Straf) Crusaders 6 Johan Goosen 145 (3 Drieë, 17 Doel, 31 Straf, 1 Skep) Cheetahs 7 Peter Grant 144 (2 Drieë, 16 Doel, 34 Straf) Stormers 8 Patrick Lambie 141 (1 Drie, 20 Doel, 32 Straf) Sharks 9 Elton Jantjies 126 (21 Doel, 28 Straf) Lions 10 Christian Lealiifano 109 (17 Doel, 25 Straf) Brumbies Bron: SARugby.co.za

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sport in 2012 Kategorie:Superrugby