Moltenopas is 'n bergpas in die Wes-Kaapprovinsie in Suid-Afrika. Dit is geleë in die dorre Nuweveldberge, op die R381 tussen Beaufort-Wes in die Wes-Kaap en Loxton in die Noord-Kaap. Die pas bereik 'n hoogte van 1 524 m en het 'n maksimum helling van 1:10.
Die pas is in Mei 1881 voltooi en is na die eerste Eerste Minister van die Kaapkolonie, sir John Charles Molteno vernoem, 'n sakeman wat uitgebreide grond in die gebied besit het en Beaufort-Wes in die parlement verteenwoordig het.Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasou, 1972. Vol 7, bl. 497
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Wes-Kaap