Die Otjie (Stephanolepis auratus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, by Madagaskar en langs die ooskus van Afrika van Somalië tot by Valsbaai. In Engels staan die vis bekend as die Porky.
Voorkoms Die vis se kop en lyf is bleekwit met onreëlmatige vlekke op die sye. Die mannetjies het blou kolle en blertse op die basis van die dorsale en anale vinne. Die vis word tot 28 cm lank.
Habitat Die vis leef op sanderige of rotsbodems tot op dieptes van 18 m.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakels Stephanolepis auratus by FishBase
Kategorie:Beenvisse