BarklypasRaper, P.E.: Dictionary Of Southern African Place Names, p.70 is 'n bergpas in die Oos-Kaap. Dit is op die R58-teerpad tussen Elliot en Barkly-Oos in die Drakensberge geleë. Die pas bereik sy hoogste punt bo seevlak op 2 018 m. Dit het 'n maksimum helling van 1:12.

Die pas begin enkele kilometer wes vanaf Elliot op 'n hoogte van 1473 m bo seevlak. Dit styg geleidelik met skerp draaie teen 'n helling van 1:22 oor 'n afstand van 12 km. Die verskil tussen die voet en die kruin is 626 m.Mountain Passes South Africa – Barklypas

Die pas word gereeld in die winter gesluit weens swaar sneeuneerslae, en die pas moet in die algemeen versigtig deur motoriste aangedurf word.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Oos-Kaap