Die Kolvin-soldaat (Neoniphon sammara) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Spotfin squirrelfish.

Voorkoms Die vis is normaalweg silwerig van kleur met elke skub wat 'n donker kol op het wat strepe op die lyf vorm. Die kop is rooibuin en die onderste kaak en wang is wit. Die dorsale vin is bruin met 'n swart vlek op. Die stertvin is geel met die rante van die vin wat donker gekleurd is. Die vis word tot 28 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe tot op dieptes van 30 m en vreet hoofsaaklik skaaldiere. Hulle word in grotte en onder hange gesien.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Neoniphon-sammara.html

Kategorie:Beenvisse