Die Stertkol-soldaat (Sargocentron caudimaculatum) is 'n vis wat voorkom in die tropiese waters van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooisee tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Tailspot squirrelfish.
Voorkoms Die kop en lyf is rooi terwyl die skubbe se rante silwer is. Daar is 'n wit kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 25 cm groot.
Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water van 2 – 30 m diepte. Hulle is alleenswemmers en vreet bodem-skaaldiere. Dit is 'n goeie eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Sargocentron-caudimaculatum.html
Kategorie:Beenvisse