duimnael|links|250px|Streep-baberpaling, Plotosus lineatus

Die Baberpalings (Plotosidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Siluriformes behoort. Daar is nege genera met twee en dertig spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor waarvan een endemies is.

Kenmerke Die familie se lywe is lank en die stert eindig met 'n spits. Die tweede dorsale vin en die analevin word een by die stert. Daar is giftige stekels aan die eerste dorsale- en pektorale vinne. Daar is ook vier baarde om die mond van dié familie en die familie het geen skubbe op die vel nie. Die grootte wissel van 30 – 60 cm en die familie leef in vars, brak en soutwater en vreet ongewerweldes en vis. Die familie is giftig.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Plotosus Plotosus lineatus - Streep-baberpaling Plotosus nkunga - Baberpaling

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse