Die Spikkelrûe (Pseudochromidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit vier sub-families: Pseudochrominae Congrogadinae - Die subfamilie was eers geklassifiseer as 'n onafhanklike familie. Anisochrominae - een genus en vier spesies. Pseudoplesiopinae - vyf genera en twintig spesies.

Sub-familie: Pseudochrominae Kenmerke Die sub-familie bestaan uit sewe genera en tagtig spesies waarvan sewe aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf is lank met 'n lang dorsale vin en die stertvin is bolrond. Die grootte wissel van 3 - 12  cm.

Habitat Die sub-familie bly in koraal- en rots riwwe tot op dieptes van 30 cm. Die genus Pseudochromis lê 'n sak eiers in 'n leë gat of onder 'n oorhang wat deur die mannetjie opgepas word.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Pseudochromis Pseudochromis aldabraensis Pseudochromis dutoiti - Dutoiti Pseudochromis kristinae Pseudochromis melas - Donkerspikkelrug Pseudochromis natalensis - Natalse spikkelrug

Sub-familie: Congrogadinae

Kenmerke Die subfamilie bestaan uit agt genera en twee en twintig spesies waarvan vyf aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf, dorsale-en analevinne is lank. Die pektorale vinne is kort en die bekken vinne is klein en ontbreek by party spesies. Die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die grootte wissel van 5 – 50 cm.

Habitat Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe.

Genus Die volgende genus en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:

Halidesmus Halidesmus scapularis - Slangetjie

Halimuraena Halimuraena shakai

Natalichthys Natalichthys leptus Natalichthys ori Natalichthys sam

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse