Die Slangetjie (Halidesmus scapularis) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor van Valsbaai tot by Park Rynie. In Engels staan die vis bekend as die Snakelet.

Voorkoms Die vis is lank en het drie lengtelyne. Die dorsale en anale vinne is lank en die bekkenvinne is klein. Die kop en lyf is bruin en daar is 'n donker oogvormige kol bokant die operkulum. Die vis word tot 20 cm lank.

Habitat Die vis leef in vlak water tot op dieptes van 16 m en kom volop voor in riviermondings en getypoele.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Halidesmus-scapularis.html

Kategorie:Beenvisse