Die Bokvisse (Mullidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is vyf genera met vyf en dertig spesies in hierdie familie. Dertien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die uitstaande kenmerke van die familie is die twee lang baarde op die ken en die feit dat die familie twee aparte dorsale vinne het. Die lyf neig na die lang kant en is bedek met groot skubbe. Die meeste spesies leef op of naby rots en koraalriwwe en vreet bodem skaaldiere. Wanneer die baarde nie in gebruik is nie word hulle terug gevou tussen die operkulums en die kakebeen. Die familie se grootte wissel van 18 – 53 cm en hulle kan in groot akwariums oorleef.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Mulloidichthys Mulloidichthys ayliffe - Bloustreep-bokvis Mulloidichthys flavolineatus - Geelstreep-bokvis Mulloidichthys vanicolensis - Vlam-bokvis

Parupeneus Parupeneus barberinus - Streepkol-bokvis Parupeneus ciliatus Parupeneus cyclostomus - Goudsaal-bokvis Parupeneus fraserorum - Fraserse bokvis Parupeneus heptacanthus - Rooikol-bokvis Parupeneus indicus - Indiese bokvis Parupeneus macronemus - Bandkol-bokvis Parupeneus pleurostigma - Swartkol-bokvis Parupeneus rubescens - Swartsaalbokvis Parupeneus trifasciatus - Tweesaal-bokvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse